HOOFDOGTER – IMELDA HAMMAN SE BOODSKAP

n Jeremia 29:11 staan :” Ek weet wat ek vir julle beplan, se die Here : voorspoed en nie teenspoed nie, Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting.” Die Here het my in n wonderlike skool geplaas : Goudveld – Hoërskool waar ek my potensiaal kon ontwikkel het en geleer het om alles tot die beste van my vermoë te doen nie net op die sportgebied nie maar ook op akademiese- en kulturelegebied. Goudveld – Hoërskool is nie net n skool nie, dis n skool waar elke kind saak maak en wat se drome waar gemaak word. Dis waar hy/sy optimale prestasies bereik . Dis n voorreg om in Goudveld – Hoërskool te wees en nie n reg nie want ek kan met n trotse hart se dat Goudveld – Hoërskool my gemaak het wie ek vandag is. Streef, werk, oorwin is nie net n leuse nie, maar n leefwyse. My wens is dat die Here vir Goudveld – Hoërskool net verder sal seën. EENMAAL n GOUTIE – ALTYD n GOUTIE!!