Sport

Sport by Goudveld Hoërskool speel ‘n belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van leerders. Die prestasies van Goudveld Hoërskool is op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak bekend.

Gouties word aangemoedig om gebruik te maak van die sportgeleenthede wat die skool aanbied om op só ‘n manier te ontwikkel as gebalanseerde jongmense.

Goudveld neem aan verskeie Sportdae en toernooie deel om maksimum blootstelling aan ons leerders te gee. Die WESGROW Sentrale Skole Reeks betrek rugby, hokkie en netbal spanne.

Verskeie afrigtingsklinieke word gehou wat deur top Protea en SA verteenwoordigers aangebied word.

Ons Sportsoorte

  1. Rugby
  2. Krieket
  3. Netbal
  4. Atletiek
  5. Gholf
  6. Hokkie
  7. Landloop
  8. Skaak
  9. Tennis
  10. Tweekamp
  11. Muurbal
  12. Swem

Ons ondersteun ook die volgende buite-skool verband sportsoorte: Bergfietsry, Skiet, Dans, Uithourit, Karate en Judo.

Prestasies

Die prestasies van Goudveld Hoërskool word op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak vertoon. Verskeie rugbyspelers word tot die Griffons Craven week, Grant Khomo en verteenwoordigende spanne verkies.

Die netbalspelers word goed verteenwoordig in die Vrystaat netbal span wat deelneem aan die SA Netbal toernooi. Goudveld se Fast 5 netbalspan word verteenwoordig op die SASN-Fast 5-toernooi en eindig algeheel 4de in Suid Afrika

Goudveld Hokkiespelers word goed verteenwoordig in die Noord-Vrystaat span wat deelneem aan die SA Hokkie toernooi

Goudveld Hoërskool spog ook met Mine de Klerk wat tans Nr 2 op die Wêreld Ranglys is vir gewigstoot (o/16). Sy is ook deel van die SA Jeugspan wat in Ivoorkus deelneem.

Goudveld skaakspelers neem elke jaar aan die SA Skaak kampioenskappe deel.

Verskeie Goudveld krieketspelers verteenwoordig die Vrystaat op Krieket Suid-Afrika se jeugtoernooi

Goudveld swemmers neem deel aan die SA Swemkampioenskappe en kwalifiseer ook vir die SA Junior Nasionale byeenkomste