Skoollied

Op die sportveld en op skool
sal ons handhaaf, werk en bou.
Edel is ons skool se naam en vuur
ons aan tot roem en faam.
Seuns en dogters klein en groot
dra elkeen ‘n boodskap voort.
Laat ons so ons lof betuig met
harte wat vol vreugde juig.

KOOR:

Kom laat ons saambou aan ons vaderland
met ons hoof en hart en hand;
Kom laat ons same altyd hooghou
Goudveld skool ons bly getrou
aan ons leuse STREEF, WERK, OORWIN

Toonsetting: Dirkie de Villiers Woorde: J.E.P.Johl

Goutielied

Vir die Gouties.
Vir die trui.
sal ons weer, ons alles gee
vir ‘n liefde wat vervulling gee.

Wees verseker ons is reg
Ons gaan soos ‘n Goutie veg.
Met al ons kragte saamgespan
gevorm soos een man.

Goudveld! ons staan vir jou,
voor die poorte van oorwinning
ons speel ons harte uit, vir die Gouties
en ons bly saam staan vir die skool
en ons naam.

Met die gees van moed
sal ons triomfeer

André Louw