• 057 352 7187
  • Mon - Fri: 7:15 - 17:00

Skoolhoof Voorwoord

As ‘n toonaangewende skool in die hartjie van die Vrystaat en Goudvelde, waar ons die voorreg het om in ‘n gevestigde , Afrikaans-mediumskool, wat geskoei is op waardes, leerders op te voed om hulle plek in die samelewing, nasionaal en internasionaal vol te staan, bly jy vir ons die belangrikste.

Met ons skoolgemeenskap wat gerig word deur ons Visie, uitstekende onderwysers, gelukkige kinders, waardegedrewe dissipline stelsel en ‘n deelnemende ouergemeenskap, maak ons seker dat elkeen tel by die skool.  Saam met ons leuse van streef, werk, oorwin is ons doelgerig oppad met die skool. Wanneer u deur hiedie webtuiste blaai sal u sien dat ons nie net ‘n breë akademiese vakkeuse het nie, maar ook ‘n unieke en wye buitemuurse program aanbied.  Dit bly steeds ons prioriteit om elkeen akademies die beste toe te rus vir sy toekoms, maar ons menswees bestaan uit baie meer as net dit. Daarom sê ons met alle nederigheid; “Daar is net een Nr.1”.

Ons kinders is ons hart se punt, waar elkeen iemand is en almal verantwoordelik vir ons skool neem. Kom voel geborge, gekoester en veilig by ons, want jy bly die fokus van al ons aandag. Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie relevante, unieke en doelgerigte skoolgemeenskap.

Sien jou binnekort in Goutieland – Glimlagland!!!

Beste wense
Paul Sauer
Skoolhoof

Leave a Reply